Kultuur / Culture
By Laerskool Oosterkruin wemel dit van kultuuraktiwiteite! Daar word ruim geleentheid aan leerders gebied om met hulle talente te spog. Ons neem elke jaar deel aan redevoering en public speaking en kompeteer ook op ATKV-vlak.
Een van ons baie gewilde items is die juniorkoor. Leerders van Graad 1 tot Graad 3 kan daaraan deelneem. Ons wen gereeld kompetisies en is van plan om nog baie meer trofeë in te palm.
Mnr en Mej Osie is nog een van die aktiwiteite wat niemand wil mis nie. Almal kan hieraan deelneem en die getal deelnemers groei elke jaar.
Ons bied ook jaarliks kompetisies soos Bybelvasvrae, Flink dink en Wiskunde Wir-War aan vir die senior leerders.
Daar is ook jaarliks Bybelkampe by Die Hoekie tussen Pretoria en Brits waarop leerders van Graad 2 tot Graad 7 kan gaan. Die kampe word soos volg opgedeel: Graad 2 en Graad 3 (slaap slegs die Vrydagaand oor), Graad 4 tot Graad 6 (Vrydag tot Sondag) en Graad 7 (slegs vir Graad 7-leerders, Vrydag tot Sondag).
Elke derde jaar bied Laerskool Oosterkruin ‘n revue aan. Ons maak voorsiening vir massadeelname en leerders van Graad R tot Graad 7 kan hieraan deelneem. Min skole kan spog met meer as 500 vrolike gesiggies op ‘n verhoog!
Dan is daar ook ons eie Vivarté Kunstefees wat jaarliks aangebied word. Dit vind in die skoolsaal plaas en strek oor ‘n tydperk van ‘n week. Hier kan die leerders kom spog met hulle talent in drama, sang, dans, musiek en kuns.
So groei ons tot gebalanseerde volwassenes!
We have quite a lot of culture activities at Oosterkruin Primary. There are plenty of opportunities for learners to partake in all the different activities. Every year we do internal Afrikaans as well as English public speaking.
One of the most popular activities, is the junior choir. It consists of learners from Grade 1 to Grade 3. We win most of the competitions and are ready to receive a lot more trophies in the future.
Mr and Miss Osie is also one of the activities no one wants to miss. It is an open category and the number of participants grow yearly.
For the senior pupils we annually have a Bible quiz, a mathematics quiz and a general knowledge quiz.
Annually there are also Bible camps at The Hoekie between Pretoria and Brits for learners from Grade 2 to Grade 7. These camps are split up for Grade 2 and Grade 3 (sleeping over for only Friday night), Grade 4 to Grade 6 (Friday to Sunday) and Grade 7 (only for Grade 7 learners, Friday to Sunday).
Every third year Oosterkruin Primary presents a revue (musical stage performance). Grade R to Grade 7 learners, as well as staff members, work very hard for an excellent production each and every time. Not many schools can cater for more than 500 friendly faces on stage.
Then there is also our own Vivarté Eisteddfod that takes place each year. The venue is our own school hall. Pupils come and show off their talent for drama, dance, vocals, music and art.
This is what we do every day to grow up as adults with a balanced outlook on life!
Bly op hoogte met die nuutste gebeure en nuus deur die D6 School Communicator-toep af te laai. Besoek ons Facebook-blad om te sien hoeveel ons kinders en personeel dit geniet om by die skool te wees.
Keep up to date with the latest news and events by downloading the D6 School Communicator app. Visit our Facebook page to see how much our children and staff enjoy being at school.