Sport

Atletiek

Ons atletiekspan by Laerskool Oosterkruin word elke jaar net sterker. Ons is trots om te kan sê dat ons die 2017 Interlaer WENNERS in die Germistonstreek is. Die streek bestaan uit ‘n totaal van 10 skole. Die afrigters gaan gedurig op opknappingskursusse sodat ons op hoogte van alle nuwe tegnieke en oefenprogramme kan bly. Ons het weer in 2017 drie atlete gehad wat ons streek by die Gauteng Kampioenskappe verteenwoordig het en een van ons atlete het ook ‘n 7e plek by hierdie jaar se SA Kalmpioenskappe behaal.

Athletics

Our track and field team at Oosterkruin Primary is getting stronger every year. We are proud to say that we are the 2017 Inter Primary School WINNERS in the Germiston Region. This region is made up of no less than 10 schools. The coaches attend coaching courses on a regular basis to keep up to date with the latest coaching trends and techniques. We are proud to say that in our 2017 season we again had 3 athletes who represented our region at the Gauteng Championships and one of these athletes got a 7th place in this year’s SA Championships.

Rugby

Laerskool Oosterkruin se rugby het ‘n lang en suksesvolle geskiedenis. Ons doelwit is om deelname aan die sport aan te moedig, en ‘n liefde vir die spel te ontwikkel. Ons het ons TAU rugby (O/6, O/7 en O/8) wat daar is vir ontwikkeling, met geen wen motiewe nie. Daarna neem die seuns deel in die hoogs kompeterende Goue Leeusliga.

Rugby

Oosterkruin Primary has a long and successful history of rugby. Our goal is to encourage participation in the sport and to instil a love for the game. We have TAU rugby (U/6, U/7 & U/8) which is there to develop, with no wining motive. Thereafter the boys compete in the highly competitive Golden Lions league.

Netbal

Osie-netbal bied aan elke dogter die geleentheid om die nodige liggaams- en lewensvaardighede te ontwikkel, te bereik en te benut. Ons het passievolle afrigters wat spelers leer wat dit verg om deel te wees van ‘n span en om as ‘n eenheid te funksioneer. Osie-netbal skep ‘n omgewing waar spelers Netbal moet geniet en ‘n liefde daarvoor kan ontwikkel.

Netball

Osie Netball offers the opportunity to all players to develop, reach and utilize the necessary body and life skills. We have passionate coaches who teach the players to participate as a team and to function as a unit. Osie Netball creates an environment for players to enjoy playing netball and love for the sport can be developed.

Skaak

Skaak is een van dié sportsoorte by ons skool! Ons het ‘n buite afrigter vir Graad 1 om ‘n goeie grondslag te lê, en opgeleide personeel vir Graad 2 tot Graad 7. Ons ligaspanne vaar elke jaar baie goed. Daar is heelwat Ekurhuleni-spelers en in die verlede het ons selfs twee SA-kampioene opgelewer. Dit wil gedoen wees!

Chess

Chess is one of our very popular sports. We have an outside coach for Grade 1 to lay a good foundation, and trained staff for Grade 2 to Grade 7. We do very well in the leagues each year. There are quite a few Ekurhuleni players and in the past we even produced two SA champions. We are more than proud of our achievements!

Tennis

Oosterkruin neem deel aan die Kempton Park liga en wedstryde vind plaas in die derde kwartaal. Spanne word ingeskryf in die dogters- en seunsliga, asook vir die ontwikkelingsliga. In die ontwikkelingsliga leer die spelers nog hoe om telling te hou en hulle oefen nog om wedstryde te speel sonder dat dit te kompeterend is.

Tennis

Oosterkruin participates in the Kempton Park league and matches take place during the third term. Teams are enrolled in the boys’ or girls’ league as well as the developmental league. In the developmental league players are taught to keep score while getting some match practice without being too competitive.

Jukskei

Ons is baie trots op ons spanne wat elke jaar ons naam hoog hou! Die liga vind plaas in die derde kwartaal. Ons spelers wen gereeld die liga en het ook verskeie kere met die Direkteurstrofee weggestap. Dit is alles te danke aan professionele afrigters wat ons spelers help.

Jukskei

We are proud of our players who take part in Jukskei. The league takes place in the third term. Our players regularly win the league and have also walked away with the Director’s Trophy several times. It’s all thanks to professional coaches who help our players.

Krieket

Laerskool Oosterkruin bied krieket aan in die derde kwartaal vir al die leerders wat daaraan wil deelneem. Ons skool val onder die Easterns Krieketstreek. Dit is met trots dat ons kan sê dat ons skool 2 seuns gehad het wat gekies was vir die o/11 Easterns span in 2016, wat ‘n groot prestasie is.

Cricket

Oosterkruin Primary offers cricket to all learners in the third term. Our school is part of the Easterns Cricket Region and had 2 u/11 boys who were chosen for the Easterns Provincial Team in 2016, which is an outstanding achievement.

Landloop

By landloop glo ons aan massa deelname en het ‘n pragtige span wat elke jaar hard oefen om aan die liga deel te neem. Die atlete wat deelneem is toegewyd aan die sport en oefen hard. Ons strewe om ‘n liefde vir die sport onder ons atlete te kweek. ‘n Gesonde leefstyl is gelyk aan Gesonde denke.

Cross Country

At cross country we believe in mass participation and we have a team that trains hard every year to participate in the league. All the athletes who participate are very dedicated. We strive to make the athletes fall in love with running. A healthy lifestyle equals a healthy mind.

Bly op hoogte met die nuutste gebeure en nuus deur die D6 School Communicator-toep af te laai. Besoek ons Facebook-blad om te sien hoeveel ons kinders en personeel dit geniet om by die skool te wees.

Keep up to date with the latest news and events by downloading the D6 School Communicator app. Visit our Facebook page to see how much our children and staff enjoy being at school.